Spicy hoendersop in 'n potjie

Mens kan jou braai en potjie op baie maniere gebruik. Byvoorbeeld vir 'n spicy hoendersop, 'n baie lekker pikante gereg wat jy kan maak in jou gietyster potjie bo die kole! Gebruik sommer die kole eers om jou hoender lekker bruin te braai.

(3-4 persone)

Bestanddele
* 3-4 hoenderstukke (kipstukken)
* kruie, byv. Cape Herb & Spice Chicken Seasoning
* 2 uie
* 2 knoffelhuisies (teentjes knoflook)
* 6-7 cm vars gemmer (gember)
* 1,5 liter water
* 330 ml tamatie paste (tomatenpuree/frito, of 2 blikken gepelde tomaten)
* 1 el borriepoeier (geelwortel/kurkuma)
* 1 el gekapte uiegras (bieslook)
* 1 el gekapte pietersielie (peterselie)
* 1 gerasperde komkommer
* 4-5 el olyfolie
* 200 ml room (kook- of slagroom)
* seesout en swart peper

1. Braai die hoenderstukke tot bruin en crispy, sommer reg bo die kole. Voeg kruie toe vir smaak.

2. Sit 'n potjie in die kole en braai uie en knoffel in 1-2 el olyfolie stadig tot ligbruin.

3. Voeg bruingebraaide hoenderstukke by, saam met die water, die tamatie paste, 2-3 el olyfolie en die borrie. Roer kort. Sit dan die deksel op die potjie en laat prut vir omtrent 'n halfuur tot 45 minute. Voeg halfpad die gekapte uiegras en pietersielie by.

4. Haal die deksel weer van die potjie en proe. Voeg sout en swart peper by vir smaak.

5. Voeg as laaste die room by, sprinkel die gerasperde komkommer oor die sop en roer nog 'n keer. Dien op met potbrood of roosterkoek met botter!

Hou jy van 'n baie pikante sop? Braai dan 'n vars, gekapte rooipeper saam met die uie en knoffel, of voeg 'n kniepie cayenne pepper toe.

 

Reacties

Wees de eerste om te reageren...

Laat een reactie achter
* Uw e-mailadres wordt niet gepubliceerd.
Wij slaan cookies op om onze website te verbeteren. Is dat akkoord? Ja Nee Meer over cookies »